Friday 2 October 2015

Die Rooitpyt

Dit was 'n pragtige somers dag. 'n Dag wat propvol opwinding was saam met die gevoel van naarheid van die senuwees wat in skop. Die luukse motor deur gaan oop... Ek haal diep asem en kilm uit. Al wat jy kan hoor is ouers wat kilphard skree en hande klap saam met die verblindende flitse van die kameras.

Ek en my metgesel stap hand in hand op die rooitapyt na die saal toe. Soos ons aan stap ruik jy net die geur van vars blomme en die heerlikste kos reuke wat n mens sommer honger maak.

Ons loop met groot glimlagte op ons gesigte en kyk skaam rondom ons. Die ouers klap en skree nogsteeds en ons onderwysers staan reg soos soldate om ons te verwelkom met komplimente en verversings. Die drankies wat ons ontvang het was suikersoet en yskoud dit het gehelp om van al die senuwees ontslae te raak.

n Koel windjie het oor ons gewaai terwyl ons verder in die saal stap. Die saal was fantasties op gemaak en het soos n  prentjie uit 'n sprokiesverhaal gelyk.  Blomme, vere saam met elegante krystalle en  diamante skitter orals waar jy kyk. Stom geslaan oor die pragtige saal dink ek in my gedagtes dat dit seker is hoe dit moet voel om n bekende film ster te wees.
woorde 219

1 comment:

  1. Wel gedaan, dit is baie goed geskryf! Kyk net weer na woorde wat jy as twee woorde skryf wat eintlik een moet wees.

    ReplyDelete