Friday 25 September 2015

Matriek jaar - Hoogte / Laagte punte...

Vyf jaar lank het ek  daarvoor   gewag...Hier is dit nou!  So het my matriek jaar gekom en gegaan.  n Jaar wat propvol opwindende dinge en nagmerries was.

Vir baie van ons was dit n jaar wat in n oog wink verby gegaan het.  Daar was so baie dinge om aan te dink.  Dinge waaroor ons moes dink was dinge soos wat is jou toekoms planne...wanneer gaan jy vir jou leerling bestuurders toets....en natuurlik hoogte punt van die jaar was die matriek afskeid.

As ek terug dink aan my matriek jaar dan kan ek nou nog nie glo dat dit so vinning verby gegaan het nie.  Een oomblik is jy nog besig om beplanning vir die jaar te doen en as jy weer gekyk het dan was dit tyd vir jou rekord eksamen.   Tussen deur was daar nog ander skool aktiwiteit wat ook nog aandag vereis het en dan moet jy nog tussen in studie tyd en ekstra klasse  ook in werk.

Al wat ek vir julle  voornemende matrikulante kan se is om elke oomblik van julle matriek jaar te geniet.
Moet nie bekommerd wees nie, want ek gaan in my volgende blogs my ondervindinge met julle deel,
my hoogte punte sowel as my laagte punte en so hoop ek dat julle sal kan help met dinge wat julle pla.  220 woorde

1 comment:

  1. Ek hou van hoe jou blog lyk!

    Jou taal is nie sleg nie. Kyk net mooi na woorde wat eintlik as een woord gespel word.
    bv. Matriek jaar - Hoogte / Laagte punte..
    matriek jaar
    oog wink
    rekord eksamen
    skool aktiwiteit

    Sit die komma by die 'n

    ReplyDelete