Friday 16 October 2015

In 'n Oogwink

Jaar vir jaar gaan duisende matriekulante daar deur.  Die gevreesde matriek eind eksamen.  Sommige mense dink dat dit n mors van tyd is om jou matriek eksamen te slaag maar ongelukkig in vandag se tye kan n mens niks doen sonder daardie stukkie papier nie.

Vandag kan ek simpatiseer met al die matriekulante.  Ek het self in my matriek jaar op n punt gekom waar ek net wou moed opgee.  Die druk wat op n mens geplaas word is net te veel.  Dit voel of die hele wereld op jou skouers is.  Jy is moeg en gedaan maar n groot verligting wanneer jy aan die einde van die eksamen jou uitslae kry.  Al die harde werk se swoeg en sweet was die moeite werd.

As ek terug dink aan my matriek jaar sal ek dit defnitief weer oor doen.  Behalwe vir die eksamen het die jaar in n oog wink verby gevlieg.  Kampe, veertig dae vierringe, matriek afskeid en as jy weer kyk is jou jaar verby.  So al advies wat ek vir voornemende matriekulate kan gee is geniet elke oomblik want as jy weer kyk is jou matriek jaar net n herinnering.

woorde: 193

1 comment:

  1. Ai, Nathan, waar is jou vierde reflekterende stuk? Of is dit hierde een - dan is jou storie nie hier nie.

    ReplyDelete